Olimpiese Winterspele 2010

XXIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2010

Gehou in Vancouver, Kanada
Deelnemende lande 82
Deelnemende atlete 2 566 (1 522 mans, 1 044 vroue)[1]
Items 86 in 7 sporte
Openingseremonie 12 Februarie 2010
Sluitingseremonie 28 Februarie 2010
Amptelik geopen deur Goewerneur-generaal Michaëlle Jean[2]
Atlete-eed Hayley Wickenheiser (yshokkie)
Beampte-eed Michel Verrault (kortbaanskaats)
Olimpiese vlam Catriona LeMay-Doan
Steve Nash
Nancy Greene
Wayne Gretzky
Vorige Spele 2006: Turyn (Italië)
Volgende Spele 2014: Sotsji (Rusland)

Die Olimpiese Winterspele 2010 (Engels: 2010 Winter Olympics, Frans: Les XXIes Jeux olympiques d'hiver), amptelik bekend as die XXIste Olimpiese Winterspele, is tussen 12 en 28 Februarie 2010 in Vancouver, Kanada, aangebied. Ander kandidaatstede was: Pyeongchang (Suid-Korea) en Salzburg (Oostenryk).

Quatchi, een van die gelukbringers van die Olimpiese Winterspele 2010

Die Olimpiese Winterspele 2010 is die derde Olimpiese Spele wat deur Kanada georganiseer is. Die eerste was die Olimpiese Somerspele 1976 in Montreal en die tweede was die Olimpiese Winterspele 1988 in Calgary.

Die Paralimpiese Winterspele 2010 is tussen 12 en 21 Maart in Vancouver gehou.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 21 Januarie 2018.
  2. (en) "Governor General to Open the Vancouver 2010 Olympic Winter Games". Governor General of Canada. 8 Februarie 2010. Besoek op 21 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search